SKEDULERINGSTATUS: Aanvullende medisyne
HANDELSNAAM (doseervorm): Silverlab Ionic Colloidal Silver Nasal Spray (Vloeistof)
SAMESTELLING
Elke 0.4ml Nasal Spray (4 spuite) bevat Ioniese+ Kolloïdale Silwer 18 ppm (D5) in gedeioniseerde gesuiwerde water 0.4ml, met buffer.
INDIKASIES
Gebruik Silverlab Ionieseᐩ Kolloïdale Silwer Nasal Spray om neusgange oop te maak en neusverstopping op te klaar. Dit kan ook help met die verligting van hooikoors en allergieë. Gebruik dit ook om te help met die opklaar van inflammasie van die neus, asook die rooiheid en seerheid van die neus wat geassosieer word met griep en verkoue.
Verwys ook na Bodymap™ op die Silverlab webtuiste www.silverlab.co.za.
SWANGERSKAP EN BORSVOEDING
Alhoewel daar geen newe-effekte gerapporteer is nie, is die veiligheid tydens swangerskap en borsvoeding nog nie vasgestel nie.
DOSERING EN GEBRUIKSAANWYSINGS
Maak een neusgat toe, spuit twee keer in die ander neusgat terwyl daar deur die neusgat asem gehaal word. Herhaal vir ander neusgat. Wag 5 minute voor die neus geblaas word om die neusgange oop te maak.
Herhaal onmiddellik die proses soos per bogenoemde. Gebruik 2 tot 4 keer daagliks of soos voorgeskryf deur jou Gesondheidsorg werker. Indien die toestand van inflammasie of rooiheid van die neus nie opklaar binne 3 dae nie, of die toestand van hooikoors nie verbeter binne 6 weke nie, raadpleeg jou Gesondheidsorg werker