LEES DIE HELE INLIGTINGSBLAADJIE NOUKEURIG DEUR, DIT BEVAT BELANGRIKE INLIGTING VIR JOU
- Silverlab Colloidal Silver Daily Immune Booster & Anti-MicrobialTM is sonder ‘n doktersvoorskrif beskikbaar en is ‘n aanvullende (komplementêre) medisyne. Jy moet Silverlab Colloidal Silver Daily Immune Booster & Anti-MicrobialTM egter nog steeds versigtig gebruik om die beste resultate te verkry.
- Hou hierdie voubiljet, dit mag dalk nodig wees dat jy dit weer lees.
- Moenie Silverlab Colloidal Silver Daily Immune Booster & Anti-MicrobialTM met enige ander persoon deel nie.
- Raadpleeg jou apteker of gesondheidswerker indien jy meer inligting of advies benodig.
WAT SILVERLAB COLLOIDAL SILVER DAILY IMMUNE BOOSTER & ANTI-MICROBIAL™ BEVAT
Elke 1 ml Silverlab Colloidal Silver Daily Immune Booster & Anti-MicrobialTM bevat:
ioniese+ Kolloïdale Silwer (18 dpm) 18 mkg.
Die ander bestanddele is:
Gedeïoniseerde gesuiwerde water
Suikervry
WAARVOOR SILVERLAB COLLOIDAL SILVER DAILY IMMUNE BOOSTER & ANTI-MICROBIAL™ GEBRUIK WORD
Silverlab Colloidal Silver Daily Immune Booster & Anti-Microbial™ kan gebruik word as ‘n antimikrobiese (anti-virale, anti-bakteriese en swamwerende) middel om met verskillende toestande te help. Dit vertoon ook anti-inflammatoriese eienskappe.
Dit mag pyn in die keel verlig, asook verskeie ander kwale in die mond, insluitend sproei, ulkusse, afteuse ulkusse, letsels, pynlike tandvleis en tandheelkunde kwale, en kan gebruik word as ‘n eerste verdedigingslinie teen verkoue en griep.
Dit kan ook behulpsaam wees met die behandeling van maag probleme, insluitend diarree, braking, gastritis en ligte voedselvergiftiging, sowel as urienweg kwale.
Dit kan verskillende inflammatoriese toestande verlig en mag help met ondersteuning van die immuunstelsel. Dit dien as ‘n vernevelende vloeistof en kan asemhaling simptome soos hoes, kortasem of stywe bors verlig. Verwys na die Bodymap™ op die Silverlab webwerf, www.silverlab.co.za, vir verdere inligting.