Instruksies vir die veilige werking en gebruik van die Silverlab Pulse Oximeter (polsoksimeter):
1.1.1 Moenie probeer om die polsoksimeter te onderhou nie. Slegs gekwalifiseerde dienspersoneel mag die nodige interne diens doen.
1.1.2 Moenie die polsoksimeter gebruik in situasies waar alarm seine ,om onmiddellike mediese hulp te ontbied, benodig word nie.
1.1.3 Langdurige gebruik van die toestel mag dit nodig maak om die sensor plasing area gereeld te verander. Verander die sensor plek en kontroleer vel integriteit, bloedsomloop status en korrekte belyning elke 2 ure.
1.1.4 SPO2-metings kan nadelig beïnvloed word in die teenwoordigheid van hoë omgewings lig. Beskerm die sensor area (byvoorbeeld met ‘n handdoek) teen direkte sonlig.
1.1.5 Die volgende situasies mag ‘n impak hê op die lesings en akkuraatheid van die toestel:
- Hoëfrekwensie elektro-chirurgiese golflengtes.
- Plasing van die sensor op ‘n vinger waarvan die ledemaat aan ‘n bloeddrukmanchet, arteriële kateter of intra-vaskulêre lyn gekoppel is.
- ‘n Pasiënt met hipotensie, ernstige vasokonstriksie, ernstige bloedarmoede of hipotermie.
- ‘n Pasiënt wat in hartstilstand of in skok is.
- Vingernael poets of vals vingernaels kan onakkurate stuurstof saturasie (SpO2) lesings veroorsaak.
Waarskuwings
- GEVAAR VAN ONTPLOFFING: Moenie die polsoksimeter in ‘n vlambare atmosfeer gebruik waar konsentrasies vlambare narkose of ander materiale kan voorkom nie.
- Moenie batterye in die vuur gooi nie, omdat dit kan ontplof.
- Moenie die Silverlab Pulse Oximeter in ‘n “MRI”- of “CT”-omgewing gebruik nie.
- Hierdie polsoksimeter is nie ‘n Apnee-monitor nie, en moet nie vir aritmie-analise gebruik word nie.
- Moenie probeer om normale droësel batterye te herlaai nie, hulle mag lek, ‘n vuur veroorsaak of selfs ontplof.
- Hou die gebruik omgewing vry van stof, vibrasies, korrosie of vlambare materiale, en uiterstes van temperatuur en humiditeit.
- Moenie die eenheid gebruik as dit klam of nat is as gevolg van kondensasie of stortings nie. Vermy die gebruik van die toerusting onmiddellik na die verskuiwing van dit van ‘n koue omgewing na ‘n warm, vogtige plek.
- Moet nooit skerp of gepunte voorwerpe gebruik om die voor-paneel skakelaars te bedryf nie.
- Die battery moet uit die battery kompartement geneem word as die toestel nie lank gebruik sal word nie.
- Die toestel sal slegs gebruik word indien die battery dekking toe is.
- Die batterye moet behoorlik mee weggedoen word, volgens plaaslike regulasies, na die gebruik daarvan.