SILVERLAB MESH NEBULISER AFR

Lees die handleiding aandagtig deur en bewaar dit vir latere gebruik. Maak seker dat u die handleiding vir ander gebruikers toeganklik maak.

Om u instrument te leer ken

Hierdie verstuiver (nebuliseerder) is ‘n gaas membraan verstuiver vir die behandeling van die boonste en onderste lugweë.

Die verstuiving (nebulisering) en inaseming van medikasie, voorgeskryf of aanbeveel deur ‘n gesondheidsorg praktisyn, kan sekere siekte toestande van die asemhalingstelsel help voorkom, hul newe effekte help behandel en herstel daarvan versnel.

Raadpleeg u gesondheidsorg praktisyn vir meer inligting oor moontlike toepassings. Die toestel is geskik vir inaseming tuis of in sekere gesondheidsorg fasiliteite. Voorgeskrewe medikasie moet slegs ingeasem word in opdrag van ‘n gesondheidsorg praktisyn. Inaseming moet in ‘n rustige en ontspanne atmosfeer plaasvind. Asem stadig en diep in sodat die medisyne die klein brongi in die longe kan bereik. Asem normaal uit.

Veiligheids Inligting en Waarskuwings

  • Voordat u die toestel gebruik moet u seker maak dat daar geen sigbare skade aan die eenheid of toebehore is nie. As u twyfel, moet u die eenheid nie gebruik nie en kontak u handelaar of kliëntediens. Wanneer u pyn of siektes het, moet u altyd eers met u gesondheidsorg praktisyn in verbinding tree. 
  • As u enige kommer het oor u gesondheid, kontak u gesondheidsorg praktisyn. 
  • Gebruik voorgeskrewe medikasie slegs op voorskrif en aanbeveling van u gesondheidsorg praktisyn.  
  • As die eenheid nie korrek funksioneer nie, of as u sleg voel of pyn ervaar, moet u dadelik ophou om die eenheid te gebruik en u gesondheidsorg praktisyn skakel. 
  • Hou die eenheid tydens gebruik weg van die oë, aangesien sommige medikasie die oë kan irriteer of beskadig.  
  • Moenie die eenheid in die teenwoordigheid van vlambare gasse gebruik nie.  
  • Moenie die toestel naby elektromagnetiese senders gebruik nie.  
  • Die toestel word nie aanbeveel vir gebruik deur kinders of persone wat fisies, sensories of verstandelik ingekort is of onervare is om die toestel te kan gebruik nie, tensy onder die toesig en hulp van ‘n verantwoordelike persoon wat veiligheid kan verseker. 
  • Moenie die eenheid in water dompel nie en moet dit nie in nat kamers gebruik nie. Moenie dat enige vloeistof die eenheid binnedring nie.  
  • Verwyder die batterye van die toestel as u dit vir ‘n lang periode nie sal gebruik nie. Lekkende batterye kan die toestel beskadig.